Tuesday 5 June 2018

DADELBROOD MET LEMOENSOUS



DADELBROOD MET LEMOENSOUS
DADELBROOD
3 k dadels
1 t koeksoda
1 t sout
1 k kookwater
1 t bakpoeier
1 k suiker
2 k koekmeel
1 eier, goed geklits
LEMOENSOUS
2 e botter
1 e suiker
½ k appelkooskonfyt
3 k lemoensap
1 t lemoenskil, gerasper
6 e koekmeel
knippie sout
DADELBROOD
Voorverhit oond tot 150°c. Verwyder pitte in dadels en sny in stukkies. Plaas in mengbak en voeg koeksoda by dadels. Gooi kookwater oor. (dit help om gouer te kan meng en maak dadels bietjie sagter). Roer mengsel en laat afkoel. Voeg suiker en eier by. Sif meel en bakpoeier saam, en meng saam by mengsel. Gooi die deeg in gesmeerde pannetjie. Bak in oond teen 150°c vir een uur.
LEMOENSOUS
Maak potjie warm. Smelt botter en konfyt saam in pot. Meng die droeë bestanddele en voeg by die mengsel in die pot. Voeg die lemoensap en skil by. Bring tot kookpunt en roer vir 10-15 minute.
VIR BEDIENING
Gooi sousie oor snye van die dadelbrood en bedien warm.
( Lena Basson)