Tuesday 29 May 2018

TAMATIEBREDIE




TAMATIEBREDIE
Bestanddele
1 tot 1½ kg skaapribbetjies, in stukke gekap, of 1 kg skaapbors in stukke gesny
1 kg tamaties (8 middelmatiges)
2 middelmatige uie
6 peperkorrels
1 e botter
1 e meelblom
Sout en peper na smaak (omtrent 2 t sout)
2 t suiker
4 aartappels

Metode
1. Vee die vleis skoon af met ʼn klam doek.
2. Skil die tamaties en uie en sny hulle stukkend. Om die tamaties te skil, gooi kokende
water oor die tamaties en laat hulle 1 tot 2 minute lank daarin lê. Haal hulle uit en
domel in ʼn bak koue water.Trek die skilletjies af met behulp van ʼn mes.
3. Braai die uieskywe bruin in warm vet of olie in ʼn swaar kastrol.
4. Voeg die vleis daarby en gooi 1 koppie warm water by.
5. Sit die deksel op en laat dit 2 uur lank of tot dit sag is, stadig stowe.
Voeg die tamaties, aartappels, peperkorrels, suiker, sout en peper by nadat dit 1 uur
Lank gestowe het.
6. Verdik die sous met die meel en gesmelte botter wat saam gemeng is.
7. Dien op saam met gekookte rys.

  L.W. - Beesvleis kan op dieselfde manier voorberei word. Gebruik skenkelstuk,
Borsstuk, dunlies of stertstuk, in klein stukkies gesny. In plaas van vars tamaties kan ʼn blikkie tamatiepasta, verdun met water, gebruik word.