Tuesday, 29 May 2018

SOSATIE FRIKADELLETJIES



SOSATIE FRIKADELLETJIES
BENODIG:
1 ui grof gerasper
1/2 elk rooi,geel en groen soetrissie fyn opgesny
1 eetl vars gekapte pietersielie...
500 g maalvleis
40 ml bruin asyn

5 ml bbq speserye
15 ml donker bruin suiker
sout en peper na smaak
15 ml appelkooskonfyt
15 ml blatjang van jou keuse
5 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
5 ml fyn koljander

 MAAK SO:
Meng al die bestanddele,behalwe die vleis, en kook vir 5 minute oor lae hitte.
Laat afkoel en gooi sous oor vleis.
Meng goed deur en vorm klein frikadelletjies.
Pqk die frikadelle op n oondan wat met olie gesmeer is en bak by 180 C tot mooi bruin en gaar.
Bedien warm of koud as snoeperny of gebruik in platters.


No comments:

Post a Comment