Tuesday 29 May 2018

EENSKOTTLE HOENDER GEREG



EENSKOTTLE HOENDER GEREG
Bestanddele
30ml Botter...
1 kg hoenderstukke
Sout en peper na smaak
250g Sampioene, gesnipper
1 Ui, klein, opgekap

2 Knoffel toontjies, gekap
15ml Dill of Tiemie, gedroog
15ml Borrie
5ml Paprika, gerook verkieslik
100ml Wit wyn
125ml Hoender aftreksel
125ml Room
100ml Mayonnaise
3e Tamatie puree
100ml Blatjang
30ml Heuning

Metode
Braai die hoenderborsies met botter tot goudbruin aan die buite kant, maar nie gaar. Die vleis sappe moet net ingeseel word. Verwyder uit pan en sit in kasserol bak of “slowcooker”. Voeg die sampioene en uie by en braai verder tot die sap van die sampioene uitgekook is.
Slowcooker: Skep die uie en sampioene oor. Meng die res van die bestanddele en giet oor die hoender en groente. Laat die vleis kook vir ongeveer 6 ure in die Slowcooker.
Kasserol in die oond: Oond voorverhit na 180 ℃. Skep die uie en sampioene oor. Meng die res van die bestanddele en giet oor die hoender en groente. Laat die vleis bak vir ongeveer 2 ure.
(Lekker Braai)