Monday 14 May 2018

EENSKOTTEL HOENDER/NOODLE GEREG



EENSKOTTEL HOENDER/NOODLE GEREG

1 Hoender (stukke gesny)
2 blokkies Hoenderekstrak
1 - 1½ kop Noedels (enige noedel, skroef, 2min,ens.)...
100 ml Mayonnaise
1 groot pak droë Aartappelskyfies (Enige geur) (Fyngemaak)
400 ml Witsous
50 ml gekapte Pietersielie
2 Eiers geklits

METODE:
Was hoender, plaas in kastrol. voeg ekstrak en bietjie kookwater by en kook tot vleis van bene loskom.
Ontbeen hoender en maak vleis fyn.
Kook noedels tot sag in soutwater en dreineer.
Meng hoender, noedels, mayonnaise en helfte van skyfies en skep in vuurvaste skottel.
Meng witsous met pietersielie en eiers en gooi bo-oor. Strooi res van skyfies oor sous.
Bak 20 - 25 minute by 190ºC of tot sous begin verkleur.