Tuesday 15 May 2018

Cornishpastei



Joey se liefdes-Cornishpastei
Bestanddele
1 rol skilferkorsdeeg, ontvries
500 g rou biefstuk, in blokkies gesny
aartappels, geskil en in blokkies gesny
1 ui, opgesny
sout en peper
melk
eier
Metode
Sny pieringgrootte sirkels in die deeg.
Stapel die vleis, aartappel en dan die uie op die een helfte van 'n deegsirkel.
Sprinkel sout en peper oor.
Vou die ander helfte van die deeg bo-oor en druk dit vas met jou vingers.
Klits die melk en eier saam, en verf dit bo-oor die pastei.
Bak vir 40 minute teen 180 grade in 'n gesmeerde bakpan.