Tuesday 29 May 2018

Eenpan Ontbyt Skywe



Eenpan Ontbyt Skywe
1 pakkie spek, gesny in stukkies
1 pakkie sampioene, gesny in skyfies
6 ontbyt worsies (ontdooi), geskyn in ringetjiesen
6 eiers, liggies geklits met 'n knypie sout
cheddar kaas, gerasper
rooipeper na smaak
peper na smaak
Voorverhut oond op 180C.
Gebruik 'n pan wat in die oond ook gebruik kan word. Braai die spek, sampioene en ontbytworsie in 'n bietjie botter tot bruin. Gooi die eiermengsel oor en sit 'n deksel op, stel die hitte laag en bak tot eier amper gestol het. Sprinkel die kaas en rooipeper bo-oor, haal van die plaat af as die kaas begin smelt en sit in die oond. Bak vinnig tot gestol en mooi bruin. Laat effens afkoel en sny in blokke, bedien saam met roosterbrood