Tuesday, 10 April 2018

Maalvleis-en-eier-pastei



Maalvleis-en-eier-pastei
6 porsies
Bestanddele
800 g (2 rolle) skilferkorsdeeg
VULSEL
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
600 g beesmaalvleis
410 g (1 blik) gekapte tamaties
2,5 ml (½ t) sout
knypie swartpeper
60 ml (3 e) pikantrissieblatjang
10 ml (2 t) koekmeel
6 hardgekookte eiers, afgedop
AFRONDING
1 eier, geklits
45 ml (3 e) sesamsaad
Metode
Stel oond op 200 °C.
1.Vulsel Verhit bietjie olie en soteer ui, knoffel en pietersielie tot ui deurskynend is. Voeg maalvleis by en soteer tot gaar.
2.Voeg tamaties, sout, peper en blatjang by. Prut vir 10 minute tot meeste van vloeistof verdamp het. Roer koekmeel by en prut nog vyf minute tot dik.
3.Rol deeg op gesmeerde bakplaat oop. Skep maalvleis bo-op, maar nie tot teen kante nie.
4.Plaas eiers in middel. Plaas oorblywende deeg op en druk kante toe.
5.Afronding Verf met geklitste eier oor en sprinkel sesamsaad oor.
6.Bak vir 30 minute of tot goudbruin bo-op.