Wednesday 25 April 2018

Gebraaide vis in 'n bros bierbeslag met slaptjips



Gebraaide vis in 'n bros bierbeslag met slaptjips
Bestanddele
250 ml (1 koppie) bruismeel
5 ml (1 teelepel) koeksoda
5 ml (1 teelepel) sout
250 ml (1 koppie) bier (of sodawater)
1 liter (4 koppes) olie, vir braai

600 g visfilette
Metode
Meng die droëe bestanddele.
Voeg die bier by, en roer tot 'n gladde deeg vorm.
Verhit die olie tot 190 grade.
Doop die visfilette in die beslag, en braai tot goudbruin.
Slaptjips
Bak die tjips in warm olie tot so 60% gaar.
Haal uit, en laat dit afkoel.
Plaas dit weer in olie net voor bediening, en braai tot gaar. (Dit verseker dat die tjips slap is)
(RSG)