Friday 20 April 2018

Eierpannekoek met romerige spinasie



Eierpannekoek met romerige spinasie
Genoeg vir: 4
Eierpannekoek
• 6 eiers
• 30 ml melk
• 50 ml botter
Spinasievulsel
• 1 ui, gekap
• 250 g sampioene, gekap
• 45 ml koekmeel
• 350 ml melk
• 300 g spinasie, gekap
• 100 g feta, gekrummel
1. Pannekoek: Klop die eiers en melk saam en geur dit. Verhit ‘n bietjie botter in ‘n kleefvrye pannetjie. Gooi ‘n kwart van die eiermengsel in en braai tot net gaar. Skep dit op ‘n warm bord en bedek dit met foelie terwyl jy die ander drie pannekoeke maak.
2. Vulsel: Soteer die ui en sampioene in die orige botter tot sag. Roere die meel by en dan die melk ‘n bietjie op ‘n slag. Prut vir ‘n paar minute.
3. Voeg die spinasie by en sit die deksel op. Prut tot die spinasie net gaar is. Roer die feta by. Vul die pannekoeke, rol dit op en sit dadelik voor