Monday 26 March 2018

Souttert



Souttert - RSG
Bestanddele
2 pakke Doritos (soetrissiegeur), opgebreek
2 koppies dik witsous
1 ui, gekap
2 koppies hoenderworsies, opgekap
1 koppie spek, gesnipper
1 koppie Cheddarkaas, gerasper
3 eiers, geklits
1 pak Bacon Kips (biltonggeur)
Metode
Plaas die Doritos in 'n glasbak as 'n kors.
Braai die ui, spek en worsies.
Voeg die witsous by.
Roer goed.
Voeg die eiers by en meng.
Bedek die kors met die vulsel.
Strooi die kaas oor.
Pak die Bacon Kips in patroon bo-op.
Bak teen 180 grade vir 15 minute.