Monday 26 March 2018

SJOKOLADE OF WITSPONS -OLIEKOEK



Paasfees Idee:
SJOKOLADE OF WITSPONS -OLIEKOEK
Die resep lewer ‘n groot laagkoek.
VIR ‘N WIT SPONSKOEK, LAAT NET DIE KAKOA UIT EN VOEG 100ml MEEL BY
50g(125ml) kakao
250ml kookwater
4 groot eiers, geskei
300g(375l) suiker
125ml kookolie
5ml vanieljegeursel
250g(450ml, ongesif afgemeet) koekmeelblom
15ml Bakpoeier
2ml sout
Voorverhit die oond tot 180grade C. Smeer twee koekpanne van 20 of 23 cm in deursnee, of bespuit hulle met kleefwerende middel.
Meng die kakao en kookwater totdat alle klontjies opgelos is en laat die mengsel eenkant om af te koel. Klits die eiergele saam. Klits dan die suiker bietjiesgewys by en hou aan klits totdat die mengsel liggeel en sponsagtig dik is. DIE GEHEIM BY DIE KOEK IS – KLITS KLITS KLITS TOT ROOM EN SPONSAGTIG IS. Roer die kakaomengsel, kookolie en vanieljegeursel by die eiergeelmengsel.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en roer dit ook by. Klits die eierwitte net tot styf en vou dit met ‘n metaallepel in die deeg in.
Gooi die deeg in die panne. Bak vir 25 tot 30 minute op die middelste oondrak tot gaar. Keer dit op ‘n draadrak uit en laat dit koud word.