Thursday 29 March 2018

Oondgebakte Muesli



Oondgebakte Muesli

Vir die stroop:
¼ K. Botter
¼ K. Olie...
½ K. Bruinsuiker
½ K. Heuning
1t. Vanieljegeursel
Mueslimengsel:
½ K. Hawermout
1K. All Bran Flakes
1K. Corn Flakes
½ K. Gemengde Sade
¼ K Fyn Klapper
1K. Gemengde Neute
1E. Gemaalde Kaneel
1K. Gedroodge Vrugte, grof gekap

Metode:
Plaas al die bestanddele vir die stroop in ‘n klein potjie en roer oor medium hitte tot die suiker gesmelt het.
Plaas nou die bestanddele vir die muesli, behalwe die gedroogde vrugte, in ‘n groot mengbak en gooi die warm stroop versigtig oor die mengsel. Roer met ‘n houtlepel tot goed gemeng.
Plaas die muesli in a oondpan en bak teen 180ºC vir 30 minute of tot die muesli bruin en bros is. Roer die muesli elke 5-10 minute terwyl dit bak en dan ook terwyl die muesli afkoel.
Voordat die muesli heeltemal afgekoel het kan jy die gedroogte vrugte byroer.
Stoor die muesli in ‘n lugdigte houer.

(Geure uit die Vallei)