Thursday 29 March 2018

Gebakte Frikkadelle



Gebakte Frikkadelle
500gr. Volstruismaalvleis (bees, lam of hoender sal ook doen)
1 Ui, gerasper
2 Knoffelhuisies, gekap
Vars Pietersielie & Grasuie na smaak, gekap
50gr. Gedroogte Broodkrummels
50gr. Fetakaas, gekrummel
60gr. Karringmelk
1 Eier
Sout & Peper
½ t. Paprika
Tamatiesous:
2T. Olyfolie
1 ½ Blik Tamaties
2 Knoffelhuisies, gekap
Vars Basiliekruid en Pietersielie na smaak
1E. Songedroogde Tamatie- Pesto
60ml. Vars Room (optioneel)
Sout & Peper na smaak
Metode:
Begin met die tamatiesous: Verhit ‘n kastrol of braaipan oor medium hoë hitte en gooi die olyfolie in die kastrol gevolg deur die gebilkte tamaties en knoffel.
Roer en sodra die sous begin borrel kan jy die hitte verlaat tot ‘n stadige prut terwyl jy die frikkadelle maak.
Vir die frikkadelle: Plaas al die bestanddele vir die frikkadelle in ‘n mengbak en meng goed deur (jou hande werk die beste hier).
Rol die maalvleismengsel tussen jou hande in kleiner balletjies en plaas op ‘n bord.
Hou koel tot benodig.
Sodra die tamatiesous reg is kan jy die room en kruie byroer.
Geur met die sout en peper en skep nou die helfte in ‘n oondpan.
Plaas die frikkadelle bo-op die sous en skep dan die res van die tamatiesous oor die frikkadelle.
Bak teen 150ºC vir sowat 90 minute.
Bedien saam met pasta of rys.
(Geure uit die vallei)