Thursday 29 March 2018

CRUNCHIE BAR TERT



CRUNCHIE BAR TERT
Bestanddele:
1 pakkie Tennis-beskuitjies
3 x 80g Crunchie bars (gevries of in yskas gewees)
1 blik kondensmelk 
600ml room 


 Metode:
Voer 'n 3 cm diep, 26cm x 16cm (basis) pan met kleefwerende bakpapier. Pak lagie Tennis beskuitjies onder in jou bak en voer die hele bak uit met die koekies
Neem jou crunchie bars, nog in die sakkies, sit in ‘n vadoek en met behulp van ‘n vleishammertjie of koekroller kap die crunchie in fyn stukkies
Met jou menger, klits die kondensmelk en room tot dik mengsel
Roer nou die crunchies in die mengsel in
Gooi nou die crunchie kondensmelkmengsel oor die koekies, en pak weer ‘n lagie koekies.
Vries oornag
Verwyder uit vrieskas en sny in blokke