Wednesday 13 December 2017

SUULEMOEN MERINGUE FLESSIES



SUULEMOEN MERINGUE FLESSIES
Genoeg vir: omtrent 12
Bereidingstyd: 35 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute
Oondtemperatuur: 160 °C
...
200 g tennisbeskuitjies
165 ml (150 g) botter, gesmelt
sowat 12 klein oondvaste flessies
VULSEL:
3 blikke kondensmelk
sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene en 2 lemmetjies
4 ekstra groot eiers, geskei
100 ml strooisuiker
60 ml versiersuiker
METODE:
Druk die beskuitjies fyn en meng die gesmelte botter daarby in. Spuit kossproei aan die binnekant van elke flessie.
Skep ’n laag fyngedrukte beskuitjies in elke flessie en druk dit liggies vas.
VULSEL:
Klop die kondensmelk, suurlemoen- en lemmetjiesap, -skil en eiergele saam in ’n bak tot die mengsel dik is.
Verdeel die mengsel tussen die glasflessies.
Klop die eierwitte en ’n knippie sout saam tot dit stywe punte vorm.
Klop die twee suikers bietjies-bietjies by.
Klop styf.
Skep daarvan in elke fles.
Pak op ’n bakplaat en bak in die verhitte oond vir 15 minute.
Verlaag die hitte na 120 oC en bak vir nog 10 tot 15 minute tot goudbruin.