Wednesday 6 December 2017

Spinasie-roulade



Spinasie-roulade
400 g babaspinasie
6 middelslag-eiers, geskei
3 e gewone meel
1 t bakpoeier
¼ t varsgerasperde neutmuskaat
40 g vegetariese harde parmesaan-styl-kaas, plus ekstra vir garnering
500 g ricotta
3 e gekapte vars grasuie
1 rooi soetrissie, saadjies verwyder en fyngekap
25 g gekapte, geroosterde haselneute, plus ekstra vir garnering
Aanwysings
1.Voorverhit die oond tot 190 °C en voer ’n rolkoekpan van 23 cm x 33 cm met bakpapier uit. Plaas die spinasie in ’n groot kastrol, voeg 50 ml water by en laat kook totdat die spinasie verwelk. Roer gereeld. Plaas die spinasie in ’n vergiettes en koel onder koue lopende water af.
2.Neem hande vol spinasie en druk oortollige vog uit. Plaas die spinasie in ’n voedselverwerker saam met die eiergele, meel, bakpoeier, neutmuskaat en ’n bietjie geurmiddels. Zirts totdat die spinasie fyngekap is. Skraap dit in ’n groot bak uit.
3.Klits die eierwitte in ’n afsonderlike groot bak totdat dit stywe punte vorm. Meng ’n derde van die witte in die spinasie in om dit los te maak en vou dan die oorblywende witte in; behou soveel lug as moontlik.
4.Smeer die mengsel in die voorbereide pan en bak vir 12 tot 15 minute of tot ferm met ’n ligte goudbruin kleur. Sprinkel intussen die parmesaan-styl-kaas oor ’n groot vel bakpapier op ’n werkoppervlak.
5.Wanneer die spinasiemengsel gaar is, keer dit op die bakpapier om, verwyder die pan en laat die roulade afkoel.
6.Maak die vulsel: Meng die ricotta, grasuie, rooi soetrissie, haselneute en heelwat geurmiddels saam.
7.Trek die boonste laag bakpapier van die roulade af en smeer die vulsel oor. Gebruik die onderste bakpapier om die roulade op te rol van een van die kort kante af. Plaas dit op ’n opdienbord met die naat na onder. Sprinkel ’n bietjie van die parmesaan-styl-kaas en haselneute oor vir garnering. Sit voor.
WERK VOORUIT: Berei tot ’n dag vooraf, maar moenie garneer nie. Bedek en verkoel. Laat dit kamertemperatuur bereik en voltooi die resep voordat jy dit voorsit.