Wednesday, 6 December 2017
Koue pynappelpoeding
Koue pynappelpoeding
Bestanddele
440 g (1 blik) ingemaakte pynappelblokkies, gedreineer
80 g (1 pakkie) suurlemoenjellie
20 ml (2 e) gelatien
60 ml (4 e) water
380 g (1 blik) kondensmelk
250 ml (1 k) room
Metode
1.Dreineer pynappels en vul vloeistof verder met water op tot 500 ml (2 k). Verhit die vloeistof tot kookpunt. Hou pynappelblokkies eenkant.
2.Roer jelliepoeier by vloeistof en roer tot opgelos. Plaas in yskas vir ongeveer 30 minute om af te koel.
3.Spons gelatien bo-oor water (60 ml). Laat gelatien bo-oor kookwater of in mikrogolf vir paar sekondes smelt. Gelatienmengsel moenie borrel nie. Roer gesmelte gelatien by afgekoelde jelliemengsel. Roer terwyl dit bygevoeg word sodat dit nie drade trek nie.
4.Roer kondensmelk by jelliemengsel. 5 Klits room styf en vou by jelliemengsel in. Roer ook pynappelblokkies by.
5.Spoel groot jellievorm met 20 cmdeursnee met koue water uit en giet jelliemengsel in.
6.Plaas in yskas vir vyf uur tot goed gestol.
7.Dompel jellievorm vinnig in warm water en keer dan versigtig op opdienbord uit.
8.Rond af soos verkies en sit dadelik voor.