Wednesday 13 December 2017

Ontbyt Frittata



Ontbyt Frittata
4 porsies

15ml botter
250g spek in blokkies gesny...
6 eiers
125ml melk
200g cheddar kaas, gerasper
30m; pietersielie
sout en swartpeper na smaak
vars roketblare

Verhit roosterelement van oond. Smelt botter in 'n kleefvrye pan waarvan die handvatsel in die oond kan gaan. Braai spek tot effens bros. Klits eiers en melk saam en voeg kaas en pietersielie by. Geur met sout en swartpeper. Gooi eiermengsel ook spek in pan. Roer effens. Net voordat dit begin stol in die middel, plaas jy die pan vir 5 minute onder die oond se roosterelement. Haal uit en laat vir 5 minute staan voordat jy dit op 'n bord uitgly. Sit voor saam met die roketblare.