Wednesday 6 December 2017

Maklike Kersboomkoekies



Maklike Kersboomkoekies
Genoeg vir 8
• 240 g witsjokolade
• 60 g pofryspap (Rice Krispies)
• 200 g klapper-malva-lekkertjies, fyn gekap
• 70 g pistasieneute, fyn gekap
• 70 g droë bosbessies, fyn gekap
• 120 g geglaseerde perskes, fyn gekap
20 ml sonneblomolie
8 papierkegels (te kry by bak- en verpakkingswinkels soos Value Baking en Merrypack)
1 Kap die witsjokolade fyn en sit in ’n middelslagglasbak wat knus oor ’n middelslag-kastrol pas.
2 Maak die kastrol halfvol water en laat dit oor ’n lae tempera-tuur prut. Sit die bak met die sjokolade op die kastrol en roer tot die sjokolade gesmelt is. Trek die kastrol van die hitte af as die water te vinnig borrel, of as daar te veel stoom aan die kante ontsnap.
3 Meng die gesmelte sjokolade en die res van die bestanddele in ’n groot mengbak.
4 Vul papierkegels met die mengsel en sit vir ’n uur of oornag in die yskas tot geset. Keer uit en sprinkel versiersuiker oor.
(RooiRose)