Wednesday 6 December 2017

BESSIE YSTEE



BESSIE YSTEE
Maak: 2 liter
Bereidingstyd: 10 minute, plus afkoeltyd
Laat vier rooibosteesakkies vir sowat 7-10 minute in een liter kookwater trek.
Haal die sakkies uit. ...
Meng 200-250 ml suiker met ’n liter water in ’n aparte beker
Roer totdat die suiker opgelos het.
Gooi die warm tee by die water
(dit help keer dat dit nie troebel raak nie)
Laat dit heeltemal afkoel
Hou dit dan in die yskas tot jy dit gaan voorsit.
Voeg gekneusde frambose of ander vrugte van jou keuse en ys by net voordat jy dit voorsit.