Thursday 16 November 2017

Vrugtekoek met donker rum



Vrugtekoek met donker rum

Bestanddele

Vulsel
100 ml botter
125 ml sterk swart koffie
250 ml suiker
2 x 500 g Moir’s-glansvrugtekoekmengsel
5 ml Moir’s-koeksoda
5 ml rum
2 groot eiers, geklits
5 ml Moir’s-vanieljegeursel
125 ml dadels
200 g Moir’s- rooi glanskersies en 200 g Moir’s- groen glanskersies, in halwes en kwarte gesny
10 ml Moir’s-bakpoeier
500 ml Sasko-koekmeel
5 ml gemengde speserye
2,5 ml sout
5 ml fyn gemmer

Sous
150 ml rum
50 ml botter
Vir versiering
Moir’s-glanskersies of Moir’s-maraschinokersies

Metode
1.Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer ’n ronde 24 cm-koekpan met aluminiumfoelie (blink kant na die binnekant van die pan) uit en spuit met Spray and Cook.
2.Smelt die botter saam met die koffie en suiker en giet dit oor die vrugtekoekmengsel.
3.Voeg die koeksoda by en roer. Mikrogolf vir 2 minute op hoog en laat heeltemal afkoel.
4.Voeg die rum, geklitste eier en vanieljegeursel by en meng deeglik met ’n houtlepel.
5.Voeg die gekapte dadels en kersies by.
6.6. Voeg die gesifte droë bestanddele (bakpoeier, koekmeel, gemengde speserye en sout) bietjie vir bietjie by om elke stukkie van die vrugte te bedek.
7.Voeg die res van die droë bestanddele by en meng goed. Vul die koekpan.
8.Bedek die koek met ’n laag aluminiumfoelie, blink kant bo, wat ook met Spray and Cook gespuit is.
9.Bak vir sowat 2½ uur. Verwyder die boonste laag foelie en bak vir nog 15 minute. Laat die koek vir 20 minute afkoel.
10.Verhit die sousbestanddele (moet dit nie laat kook nie) en giet dit oor die koek nadat die koek vir 20 minute afgekoel het. Laat heeltemal afkoel.
11.Versier met Moir’s-glanskersies of Moir’s-maraschinokersies.