Thursday 16 November 2017

Vrugtekoek en Versiering



Vrugtekoek en Versiering:
Bestanddele:
500grm vrugtekoek mengsel.
250ml water,
200grm suiker,
125grm margarine,
5ml koeksoda,
1 eier geklits,
275grm koekmeel,
5ml bakpoeier.
Metode:
1.Verhit koekmengsel, water suiker en botter tot kookpunt in kastrol. Kook vir 20min.
2.Voeg koeksoda by en laat afkoel.
3.Roer eier by die mengsel en voeg droe bestanddele by, roer goed.
4.Skep in 20cm vooraf bereide pan wat met papier uitgevoer is.
5.As jy kleiner panne wil gebruik word dit op dieselfde manier uitgevoer.
6.Bak vir 90min of tot gaar. Sodra uit oond, gooi 25 ml brandewyn oor warm koek en laat koud word in pan.
Versiering:
1.Smeer gesmelte appelkoos konfyt oor koek, rol marzipan uit en trek koek oor – los ‘n dag of twee.
2.Smeer kookwater met kwassie aan op marzipan, trek oor met fondant en versier.
3.NEUTE en KERSIES KAN GEBRUIK WORD. VERF MET GESMELTE APPELKOOS KONFYT WAT BIETJIE BRANDEWYN IN HET.