Friday, 3 November 2017

Vinnige gevlegte ham-en-kaasbrood



Vinnige gevlegte ham-en-kaasbrood
Bestanddele
800 g (1 sakkie) gekoopte brooddeeg
6 snye ham, fyn gekap
500 ml (2 k) cheddarkaas, gerasper
1 ui, fyngekap
1 eier
bietjie growwe seesout
Metode
Stel oond op 180 °C.
1.Knie deeg en verdeel in 3 gelyke dele. (Smeer deeg met bietjie water sodat dit makliker hanteerbaar is).
2.Werk deeg sodat dit in 3 plat, langwerpige stukke is (ongeveer 8 cm breed).
3.Lê lang stukke deeg plat op werksoppervlak.
4.Sit stukkies ham, ui en helfte van kaas in middel van elke strook deeg. Vou deeg toe. Dit moet lyk soos 3 stukke gevulde “worsies”.
5.Lê 3 stukke teenaan mekaar en knyp bokant vas.
6.Vleg stukke tot onder en knyp onderkant ook vas.
7.Klits eier en verf oor brood.
8.Maal growwe sout oor brood en sit deeg in gesmeerde broodpan van 12 cm x 26 cm.
9.Strooi oorblywende kaas oor brood en bak vir 50 tot 60 minute tot gaar.
(Vrouekeur)

No comments:

Post a Comment