Friday 3 November 2017

AARBEI MOUSSE



AARBEI MOUSSE (HEMELS)
500 g aarbeie
15 ml strooisuiker
15 ml kersie- of aarbeilikeur
250 ml room
30 ml strooisuiker
METODE:
Sny 250 g van die aarbeie in dun, ronde skyfies. Sprinkel die strooisuiker en likeur oor die aarbeie.
As jou aarbeie nie baie soet is nie, kan jy die suiker vermeerder.
Laat staan eenkant vir ten minste 15 minute.
Puree nou die res van die aarbeie in ‘n voedselverwerker of versapper.
Klits die room in ‘n elektriese menger en voeg die strooisuiker by.
Meng dan die aarbeipuree sagkens deur die room totdat dit net gemeng is.
Verdeel nou die aarbeiskyfies tussen 4 groot of 6 klein bakkies of glase.
Skep die aarbeiroom bo-op en plaas in die yskas vir ongeveer ‘n uur.
Eet en geniet met ‘n klein teelepel om die hemelse oomblikke uit te rek.