Thursday 23 November 2017



Naweek Ontbyt
Bestanddele
Olie om in te braai
2 groot uie, fyn gekap
3 groot aartappels, gekook en in kleiner blokkies gesny (diced)
1 blik tamatie en uie (mix)
2 eetlepel white Balsamic asyn
1 eetlepel gedroogde orgeano
Sout na smaak, Aromat na smaak, Pepper na smaak
4 ekstra groot eiers
Metode
Verhit olie in pan. Voeg uie in en blokkies aartappels in warm olie,braai tot gaar en goud van kleur. Voeg tamatie en uie, asyn, oreganum en sout asook speserye by. Laat prut vir 8 minute. Maak nou 4 gate (hollows) in die mengsel, breek in elke gat ‘n eier. Plaas deksel op en kook vir 3-4 minute, of langer afhangde van hoe jy die eier wil eet, half gaar, baie gaar, dood gaar. Bedien met roosterbrood en botter. Ek bak my eie broodjie wat ons dan warm uit die oond eet saam hierdie ete.
Broodjie resep:
500 gram bruismeel
500ml Karringmelk
Metode Broodjie
Meng saam, hierby kan jy sout, pepper, kruie en speserye, en kaas in meng. Spuit brood pannetjie met Spray and Cook, bak in voorverhitte oond 180 Grade, sodra die broodjie bruin is, en die kombuis ruik na vars gebakte brood, haal uit oond, smeer botter bo-oor, stel oond laer, en bak tot broodjie gaar is.