Thursday 23 November 2017

FRAMBOOS ROOMPOEDING



FRAMBOOS ROOMPOEDING - Herman Lensing
genoeg vir 4
BENODIG:
• 400 g frambose (raspberries)
• 45 ml versiersuiker
• 250 ml room
• 250 ml suurlemoensmeer (lemon curd)
• 100 g gevlokte amandels
• vars vrugte vir voorsit
MAAK SO:
Gebruik staafmenger en pols frambose en versiersuiker tot gladde mengsel. Klits room tot sagte punte vorm en vou in by framboospuree. Skep lepels vol suurlemoensmeer onder in 4 glase van jou keuse. Verdeel framboosroom tussen die glase. Sprinkel amandels bo-op en sit voor met vars vrugte.