Wednesday 22 November 2017

Macaroni-maalvleis



Vakansiekos (Macaroni-maalvleis)
Bestanddele
1 kg maalvleis
600 ml rou macaroni
1 blikkie minestronesop
500 ml kookwater
sout
100 ml tamatiesous
2 teelepels kerriepoeier
Metode
Plaas die maalvleis in 'n swaarboompot.
Bedek dit met die macaroni en dan die sop, water en sout.
Meng die tamatiesous en kerrie, en voeg dit by.
Laat dit vir 30 minute prut oor matige hitte.
(RSG)