Friday 13 October 2017

Vetkoek



Vetkoek
500ml koekmeel
20ml bakpoeier
2ml sout
15ml margarien/botter
250ml melk
ongeveer 500ml sonneblomolie
Sif droë bestanddele saam. Vryf botter daarby in. Voeg melk by en meng goed. Verhit die olie. Skep 'n klein stukkie van die deeg in die warm olie om te toets of dit gereed is. As die deeg mooi stadig bruin raak is die olie gereed. Draai die temperatuur laer wanneer die vetkoek begin verbruin. Die vetkoek braai ongeveer 10 min. Dreineer op kombuispapier en bedien.