Thursday 26 October 2017

Ontbyt Pakkie



Ontbyt Pakkie
HOEVEELHEID: 4 porsies.
RESEP
2 x 400 g rolle Skilferkors deeg
8 Spekvleis repies van jou keuse
1 Eier - geklits om deeg aan mekaar te sit
4 e Tamatiesous
1 Rooi soetrissie, ontpit en sny in reppies
1 Rooi ui, gekerf
2 e Olyfolie
4 Eiers - vir bo-op
vars Pietersielie vir garnering
Sout en peper na smaak
METODE
Aand voor die tyd: Rol die skilferkors deeg uit en smeer een van die twee rolle met geklitste eier (moenie die geklitste eiers weggooi nie, sit in yskas vir môre se gebruik) en plaas die ander laag bo op. Plaas die deeg op ‘n metaal skimbord wat koud gemaak is en laat rus in die yskas tot die volgende dag.
Voorverhit oond na 200 ˚ C.
Sny (gebruik 'n skerp mes met 'n gladde lem) die deeg in 4 presiese vierkante, gebruik soveel as moontlike van die deeg.
Sny ‘n kleiner vierkantjie in die middel van die deeg amper halfpad (die eerste laggie van die deeg) deur die deeg, los so 'n 3cm randjie (kyk dat die deeg los is van die onderste een maar sit dit weer terug)
Smeer die deeg met geklitste eier en bak in die oond vir 10 minute. Haal die dekseltjie af en smeer die middel met tamatiesous.
Stel die oond af na 180 ˚ C.
Gooi die olyfolie, uie en soetrissie in ‘n bakkie en meng goed. Begin nou die holte vol te pak met 'n laggies van die spek, soetrissie, uie, pietersielie en geurmiddels. En laaste word die eier versigtig bo-op gebreek.
Bak vir 10 - 15 minute (dit hang af hoe hard jy die eier wil hê), bedien dadelik.
(http://boerekostwist.blogspot.co.za)