Thursday 26 October 2017

Kersfees Ontbyt



Kersfees Ontbyt Idee
Bestanddele: (lewer 10 wafels)
2K meel
2t bakpoeier
Knippie sout
2t suiker
2k warm melk
2 eiers, geskei
1E gesmelte botter
groen koskleursel
Metode:
Skakel eers jou wafel masjien aan en spuit met kossproei. Dit sal jou baie tyd spaar en sal voorkom dat jy nie voor ’n koue wafel masjien staan met ’n klaar gemengde wafel deeg nie.
Sif al die droë bestanddele saam in ’n bak. Klits die eierwitte in ’n ander bak tot stywe punte vorm. Meng dan die res van die nat bestanddele asook die eiergele in nog ’n aparte bak.
Meng die nat en droë bestanddele saam (drup 'n paar druppels koskleursel in) en vou laastens die eierwitte by die mengsel in.