Friday 20 October 2017

IETSIE ANDERS MET JELLIE



Henna Heydenrych Roodt Keyter‎ se idee
IETSIE ANDERS MET JELLIE....... Vat 1 pakkie jellie en meng met 100ml kookwater tot opgelos.(indien water te vinnig afkoel en jellie nog nie opgelos is nie, sit bak net so vir 30 sek in mokrogolf op hoog. Roer weer tot opgelos. Vat nou n 100ml maatkoppie en pak vol ys tot by 100ml merk, vul met koue water tot by 100ml merk. Gooi nou die ys en water in die jellie mengsel en roer tot ys gesmelt is. Klits met elektriese klitser tot stywe punte vorm(net soos eierwitte) spuit n groot glasbak met Spray en Cook en gooi styfgeklopte jellie daarin en sit dadelik in yskas. Jy kan nog n ander geur ook op dieselfde wyse maak bo-op skep. Jy sal nie weer jellie op n ander manier wil maak nie.