Friday 22 September 2017

SPEK, MIELIE EN CHEDDAR MUFFINS



SPEK, MIELIE EN CHEDDAR MUFFINS
Maak 18 muffins
BESTANDELE: ...
500 ml (2 koppies) koekmeel
15 ml bakpoeier
15 ml suiker
2.5 ml sout
2 eiers

250 ml (1 koppie) melk
50 ml gesmelte margarien of sonneblomolie
125 g spekstukkies, gebraai en afgekoel
125 ml gerasperde Cheddarkaas
125 ml mieliepitte, gevries
15 ml vars, gekapte basiliekruid
METODE:
Voorverhit oond tot 180 °C.
Meng die droë bestanddele in ‘n groot mengbak. Voeg die spek, kaas, mielies en basiliekruid by.
Klits die nat bestanddele saam.
Voeg dit by die droë bestanddele en roer vinnig saam om deur te meng.
Skep lepelsvol in muffinhouertjies – tot ¾ vol. Bak vir 20 – 25 minute.
Bedien met botter.