Friday, 22 September 2017

Erfenisdag(Braaidag) resepte vi bykosse:



Erfenisdag(Braaidag) resepte vi bykosse:

* KERRIEPERSKES

1 groot blik perske skywe of halwes...

2 uie in dun skywe gesny
30 ml olie
2 teelepels matige kerrie
125 ml asyn
125 ml suiker
2 eetlepels blatjangstroop van die perskes

Metode:
Braai die uie in die olie tot sag en deurskynend.
Voeg die ander bestandele behalwe die perskes by en laat die stroop effens dik kook.
Koel af en gooi oor perskes.


 * AARTAPPEL SOSATIES

Baie lekker bykos vir ‘n braai
24 klein baba aartappeltjies (kook tot gaar)
Draai nou om elke aartappeltjie is repie spek
Ryg in op sosatiestokkie –
Pak in platbak
Maak sous van:
250ml suurroom
grasuie gekap
140 gr agurkies – fyngekap
swart gemaalde peper
Gooi bo-oor en bak in oond tot spek gaar en lekker crispy is.

* KERRIE NOEDELSLAAI

500 gr klein skulpie noedels (gaar maar nie pap gekook)
1 green/yellow/red pepper gekap
 1 ui gekap

Meng:

1 kop tamatiesous
 1/2 kop asyn
 1 blikkie pynappel in stukkies gesny
 1/2 kop olie
 200ml suiker
 25ml kerrie
 1 wortel grof gerasper
 sout en gemaalde swartpeper na smaak

Meng alles deur en hou in yskas.

 
* SKILFERKORS “PIZZA” OP DIE KOLE: (Kwaai braapaai)

2 rolle skilferdeeg – ontdooi en uitgerol
 1 pak spinasie of vars bossie
 Gaar hoender (geflok of in blokkies)
 250gr spek – 1 ui, 1 rooi en 1 geel rissie gekap en gebraai tot gaar
 1 pak sampioene in skywe gesny
 Fetakaas
 Cheddar kaas
 Mozzarella kaas
Gouda kaas
 Kies so 2 verskillende kase of 3 of al 4 jou keuse
 Kies jou eie speserye soos lemonpepper, rosmary and olive of sout en peper ens.

Vat nou jou toeknyp roorster. Spuit spray en cook op of smeer met botter
 Sit op onderste deel van die rooster die 1ste stuk skilferkors
 Sit helfte van die rou spinasie op
 Sit hoender op
 Sit uie en spek mengsel op
 Pak rou sampiene op gooi speserye op
 Sit nou verskillende kase op
 Eindig af met ander helfte van pak spinasie
 Plaas ander skilferkos bo-op – knyp toe aan die kante
 Verf eier of melk bo-oor en onderkant van skilferkors
 Knyp rooster toe.
 Braai hoog op vuur tot gaar en goudbruin.
 Draai gedurig om.

No comments:

Post a Comment