Tuesday 12 September 2017

Frikkadelle met avo-hartjies



Frikkadelle met avo-hartjies

Bestanddele

500 g maalvleis...
2 knoffelhuisies, fyngemaak
1 eier
handvol pietersielie, fyn gekap
paar druppels Tabasco
½ teelepel sout
peper na smaak
½ groot avokado, in blokkies gesny (Alternatief: fetakaas, in blokkies gesny)

Metode

Meng al die bestanddele, behalwe die avokado, saam.
Maak balletjies met 'n groot eetlepel.
Maak 'n holte in die middel van elke balletjies met jou vinger, en druk die avokado daarin, en seël die gat.
Potbraai in 'n bietjie olie tot gaar en bruin, of oondbak vir 25 minute teen 180 grade.
Bedien met slaai, groente of kapokaartappels.