Tuesday 22 August 2017

WINTER KOES KOES SLAAI



WINTER KOES KOES SLAAI
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
Genoeg vir 6 mense
...
BESTANDELE:
250 g botterskorsie, in blokkies gesny
45 ml (3 e) water
45 ml (3 e) suiker
750 ml (3 k) groenteaftreksel
500 ml (2 k) koeskoes
30 ml (2 e) olie
1 vinkelknol, fyn gekap
2 uie, fyn gekap
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
100 g sampioene, in skywe gesny
250 ml (1 k) bosbessies
250 ml (1 k) rosyne
Slaaisous
125 ml (½ k) olyfolie
5 ml (1 t) rooipeper
2,5 ml (½ t) brandrissievlokkies
15 ml (1 e) fyn komyn
45 ml (3 e) tamatiepuree
30 ml (2 e) appelwynasyn
sout en peper, na smaak
METODE:
Plaas die botterskorsie saam met die water en suiker in ’n pot oor hoë hitte. Verminder die hitte tot prutpunt en kook 10 minute of tot sag.
Bring die aftreksel tot kookpunt in ’n pot. Gooi die koeskoes in ’n droë pan oor matige hitte en roer tot effens verbruin. Gooi dit in ’n kastrol uit en giet die kokende aftreksel bo-oor. Roer om seker te maak dis egalig klam en bedek met ’n deksel.
Haal ná 10 minute die deksel af en vlok met ’n vurk. Klits al die slaaibestanddele tot goed gemeng.
Plaas ’n pan met olie oor matige hitte. Voeg die vinkel, uie en soetrissie by. Soteer tot die uie deurskynend is, roer die sampioene in en kook tot die sampioene sag is.
Meng die bosbessies en rosyne in en meng alles. Bedruip met slaaisous.