Tuesday 15 August 2017

Spaghetti met hoenderlewers en spek



Spaghetti met hoenderlewers en spek
■ 1 pak (500 g) spaghetti
■ 500 g hoenderlewers, goed skoongemaak
■ 45 ml botter
■ 5 repe spekvleis, fyn gesnipper
■ 1 ui, fyn gekap
■ 2 knoffelhuisies, fyn gekap
■ Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
■ Halwe blik (410 g) tamatiepuree
■ 125 ml hoenderaftreksel
■ 90 ml sjerrie
■ 125 ml room
■ Brosgebraaide broodkrummels met vars kruie, om af te rond (opsioneel)
Kook die pasta tot gaar, maar steeds ferm. Terwyl die pasta kook, sny die hoenderlewers in kleiner stukkies en hou eenkant.
Verhit die botter en braai die spekvleis, ui en knoffel daarin tot gaar. Voeg die hoenderlewers by en braai tot liggies verbruin. Geur met sout en peper. Voeg die gekapte tamaties, aftreksel en sjerrie by en verhit tot kookpunt.
Prut liggies vir ongeveer 10 minute. Roer die room by, geur weer na smaak en skep die sous op die gaar, gedreineerde pasta. Rond af met brosgebraaide broodkrummels waarby ’n bietjie gekapte vars kruie geroer is, indien verkies. Sit dadelik voor. Lewer 6 porsies.