Tuesday 15 August 2017

Sakpas sjokolade en haselneut beskuit



Sakpas sjokolade en haselneut beskuit - RSG

Bestanddele

1 k (250 ml) suiker...
2 eiers
2 k (500 ml) karringmelk
7 k (1750 ml) bruismeel
1 k (250 ml) kakao
1 t (5 ml) sout
250 g botter

Metode

Verhit die oond tot 180 °C
Spuit 3-4 broodpannetjies (22 cm x 12 cm) met kleefwerende spoei.
Room die suiker en eiers saam tot lig en romerig. Voeg die karringmelk by en meng deeglik.
Sif die bruismeel en kakao in ‘n mengbak saam en voeg die sout by. Vryf die botter met jou vingerpunte by die meelmengsel in.
Voeg die suiker- en karingmelkmengsel by die droë bestanddele en meng tot ‘n stywe deeg.
Verdeel die deeg in ± 32 eweredige dele (± die grootte van ‘n eier). Rol in ewegroot balletjies en rangskik dig teenmekaar in die broodpannetjies.
Bak vir 50-60 minute. Haal uit die oond en laat op ‘n draadrakkie afkoel.
Breek die beskuit los en droog oornag (± 6 ure) in ‘n lou oond van so 70 °C uit.