Tuesday 15 August 2017

Klapper Sonneblomsaad Beskuit Resep



Klapper Sonneblomsaad Beskuit Resep

1kg Bruismeel
5ml Sout
200gr Ligte Bruinsuiker...
100gr Klapper
1 koppie Sonneblomsaad
250gr Botter (gesmelt)
500ml Karringmelk
1 teelepel Vanilla geursel
2 Eiers

Voorverhit jou oond tot 180 grade. Smeer een groot bakpan of twee broodpanne soos benodig.

Meng die droë bestandele saam in 'n groot bak. As jy baie fluks is, kan jy die meel sif, maar ek glo nie dis nodig nie.

Smelt die botter in die mikrogolf en voeg dan die karringmelk daarby. Die karringmelk help om die botter af te koel, sodat die geklitste eiers dan bygevoeg kan word sonder enige probleme. Voeg dan die vanilla by.

Maak 'n holte in die droë mengsel en vul dit met die nat mengsel. Meng dit twee goed - jy gaan tien teen een jou hande moet vuil maak.

Skep uit in bakpan(ne) en bak in die oond vir ongeveer 'n uur tot 'n toetspen skoon uitkom.

Laat dan effens afkoel, sny in vingers en droog in die oond uit teen ongeveer 100 grade.