Tuesday 8 August 2017

Perskehoender



Bertus se perskehoender - RSG

Bestanddele

8 hoenderdye...
1 ui, gekap
botter
1 blik ingelegde perskes

Sous
¾ koppie blatjang
1 pakkie uiesoppoeier
1 koppie melk
2 eetlepels appelkooskonfyt
2 eiers
stroop van die blik perskes

Metode

Braai die hoender en ui liggies in die botter, totdat jy die groot been van die hoenderdy kan uithaal.
Plaas die hoenderstukke en ui in 'n oondbak.
Meng die bestanddele van die sous goed, en giet dit oor die hoender.
Plaas die perskestukke bo-op.
Bak teen 180 grade vir 35 minute.