Tuesday 15 August 2017

KERRIETJOPS



KERRIETJOPS
8-10 lamstjops
BENODIG:
MARINADE:...
• ½ koppie bruinsuiker
• ½ koppie bruinasyn
• 1 eetlepel kerriepoeier (sterk of matig na smaak)
• 1-2 knoffelhuisies, fyngekap (opsioneel)
• 1 teelepel borrie
• 1-2 eetlepels appelkooskonfyt
• 1 teelepel sout
• ½ teelepel witpeper
MAAK SO:
1. Meng al die bestanddele vir die marinade saam en kook dit in ’n potjie op die stoof of in die mikrogolf. Koel die sous af in die yskas.
2. Pak die tjops plat in ’n ziplock sak of ’n nie-metaal bak en gooi die sousie by. Sorg dat die sousie goed versprei is en die tjops heeltemal bedek is. Marineer die vleis vir ten minste 3 dae. Die gemarineerde tjops kan tot 2 weke in die yskas hou.
3. Braai die tjops vir ’n paar minute aan ’n kant oor matige kole tot gaar. Jy kan ook met die braaislag nog marinade aansmeer.