Tuesday 15 August 2017

Crunchies



Crunchies

Maak: sowat 40 blokkies, na gelang van die grootte
Bereidingstyd: 30 minute
Baktyd: 15-20 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

125 g botter
250 ml (200 g) bruinsuiker
15 ml gouestroop

5 ml koeksoda
250 ml (80 g) hawermout
250 ml (120 g) koekmeel
250 ml (80 g) klapper

1. Voorverhit die oond. Smeer ’n reghoekige pan van sowat 24 x 34 cm.

2. Gooi die botter, bruinsuiker en stroop in ’n kastrol en verhit dit oor lae hitte totdat die botter gesmelt het. Gooi die koeksoda by en roer tot gemeng.

3. Meng die hawermout, koekmeel en klapper in ’n mengbak en gooi dan die warm bestanddele by. Roer tot gemeng en skep dit in die voorbereide pan. Druk die mengsel met die agterkant van ’n lepel gelyk en bak dit vir 15-20 minute of tot goudbruin.

Haal die crunchies uit die oond en sny dit in blokkies terwyl dit nog warm is. Laat dit in die pan afkoel voordat jy dit uitkeer.