Wednesday 26 July 2017

Tert Doppies Resep met 6 Vulsel Resepte



Tert Doppies Resep met 6 Vulsel Resepte.

- PYNAPPEL VULSEL
- CREMORA VULSEL
- LEMON CURD...
- DADEL VULSEL
- KONDENSMELK VULSEL
- MELKTERT VULSEL

TERT DOPPIES RESEP
+- 100 doppies
Dit is die een wat ek gebruik:
3 koppies meelblom
2 eiers
2 Teelepels bakpoeier
250 gram margarien
1/2 koppie melk
knippie sout
Metode:
1. Meng met a mes droe bestandele.
2. Meng margarien in meel.
3. Klits eiers en melk saam meng by droe bestandele. Moet nie knie nie. Meng met mes.
4. Rol uit.
5. Druk met koekievorm 'n ronde sirkeltjie uit.
6. Gebruik kolwyntjie pannetjies, en druk degie in pannetjie.
**Bak vir +- 5 tot 10 minute tot lig bruin op 180 c.

CREMORA VULSEL
1 koppie cremora
1/4 koppie kookwater
Meng bogenoemde
Voeg by 1/2 blik kondensmelk en 1/4 koppie suurlemoensap
Klits goed saam en vul doppies

LEMON CURD
2 eetlepels botter
1 koppie suiker
2 eiers
2 suurlemoene – skil gerasper en sap uitgedruk
Smelt suiker en botter, voeg suiker en suurlemoensap en skil by
Klits eiers en GOOI WARM MENGSEL by eiers.
Laat kook en roer die heeltyd tot dik. Koel af en sit in doppies.

DADEL VULSEL
1 blik kondensmelk
250 g dadels ,fyn gesnipper
400 ml klapper
Meng alles goed en skep in doppies.

KONDENSMELK VULSEL
1 blik Karamel treat
Peppermint sjokolade ,gerasper
Styfgeklitse room
Gesnipperde kersies
Skep 1/2 teelepel sjokolade onder in bakkie, dan kondensmelk, dan geklitse room en kersie bo op

MELKTERT VULSEL
3 eetlepels koekmeel
4 koppies melk
1/2 koppie suiker
1 teelepel vanilla
3 eetlepel maizena
4 eiers
1 eetlepel botter en knippie sout
Meng maizena en meel met bietjie van die melk
Klits eiergele goed en klits die suiker by, voeg vanilla en sout by
Verhit melk tot kookpunt en roer meelmengsel mengsel by.Kook tot gaar.
Roer die eiermengsel in en laat stadig opkook. Haal af van hitte en roer botter in.
Klits eierwitte tot styf en vou in. Gooi in doppies en strooi kaneelsuiker oor

PYNAPPEL VULSEL
1 blik fyn pynappel, dreineer
1 teelepel botter
2 eiers
1/2 koppie suiker
1/2 koppie water
4 teelepel vlapoeier
Kook pynappel water en suiker tot gaar. Klits eiergele en roer vlapoeier by , voeg by pynappel . Kook tot gaar. Haal van stoof af. Klits eierwitte tot styf en vou in by mengsel. Moenie mengsel weer kook nie, skep direk in doppies
Nog 'n paar idees:
Gekookte kondensmelk, nutella, aarbei konfyt en geklopte room, gesmelte sjokolade met 'n pekaneut ingedruk, ganash met aarbeie ingedruk