Thursday 20 July 2017

Romerige pan-omelet met maalvleis



Romerige pan-omelet met maalvleis
■ 45 ml olie
■ 1 ui, gekap
■ 2 knoffelhuisies, gekap
■ 500 g beesmaalvleis...
■ 30 ml worcestersous
■ 60 ml tamatiesous
■ Skeut Tabasco-sous
■ 12 ekstragroot eiers
■ 180 ml melk of room
■ 30 ml fyngekapte, vars pietersielie
■ Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
■ Roket- of koljanderblare en gesnipperde pikantrissies, om mee af te rond

Verhit die olie in ’n groot, oondvaste swaarboompan en braai die ui daarin tot sag. Voeg die knoffel by en braai vir ’n paar sekondes. Voeg die maalvleis by en braai bruin. Voeg die worcestersous, sout, peper en tamatiesous by en braai vir 5 minute. Geur met ’n bietjie Tabasco na smaak (laat dit weg as jy nie van branderige kos hou nie). Verlaag die stoofplaat se hitte.

Klits die eiers, melk of room en pietersielie saam tot goed gemeng. Geur liggies met sout en peper. Giet die eiermengsel oor die maalvleis en beweeg die vleis liggies rond met ’n houtlepel sodat die eier egalig tussen die vleis kan inloop tot op die boom van die pan. Bedek en verhit stadig oor lae hitte tot die eier ferm is.

Druk die pan vinnig onder ’n warm oondrooster tot die bokant van die pan-omelet ferm is en ’n bietjie kleur gekry het. Rond af met vars kruie, soos roket of koljanderblare, en gesnipperde pikantrissies. Lewer 8 porsies.