Wednesday 12 July 2017

Pita-braaibroodjies



Pita-braaibroodjies
genoeg vir 6...

• 6 klein pitabroodjies
• sowat 80 g (85 ml) sagte botter
• 100 g cheddarkaas, gerasper
• 2 tamaties, in dun skywe gesny

• 1 ui, in dun sirkels gesny
• sout en varsgemaalde swartpeper

Sny pitabroodjies middeldeur en smeer met botter. Plaas kaas op al die oop broodjies. Plaas ’n skyf tamatie op 6 van die broodjies en geur met sout en peper. Plaas ’n skyf ui bo-op die tamatie en bedek met ander kant van broodjie. Smelt botter in pan en plaas so drie toe broodjies op ’n slag in pan. Druk broodjies plat met eierspaan en braai tot bros. Draai versigtig om en braai aan ander kant tot bros en goudbruin en tot kaas gesmelt het. Hou eenkant warm en herhaal met res. Sit warm voor