Thursday 20 July 2017

Marmite mielietert



Marmite mielietert

6 sprietuie, gekap (of 1 bruinui)
1½ koppie cheddarkaas, gerasper
1/ 3 koppie bruismeel (gewoon of glutenvry)...
knippie sout
knippie swartpeper
4 eiers
1 koppie heelpitmielies
1 teelepel Dijon-mosterd
1½ koppie melk, room of karringmelk
2 teelepels Marmite*

1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Botter ’n tertbord wat 5 koppies water kan hou.
2. Meng die sprietuie, kaas, meel en sout en peper.
3. Meng 3 eiers, mielies, mosterd en melk en meng dit versigtig met die meellaag. Gooi die mengsel in die tertbord. Meng die laaste eier met die Marmite en laat dit plek-plek oor die tert drup.
4. Plaas in die oond en bak vir 40 minute. Laat koel die tert effens af en sny in skywe. Dit is lekker warm of koud, veral saam met ’n vars slaai.

*As jy nie van Marmite hou nie, kan jy dit vervang met Bovril of Oxo.