Thursday 20 July 2017

Amandel-en-jogurt-plaatkoekies



Amandel-en-jogurt-plaatkoekies
Genoeg vir 4

• 500 ml (2 k) amandelmeel
• knypie sout...
• 2,5 ml (½ t) bakpoeier
• 2,5 ml (½ t) kaneel
• 4 eiers
• 10 ml (2 t) xylitol
• 125 ml (½ k) jogurt
• botter vir braai

Meng al die droë bestanddele in ’n groot mengbak.
Klits die eiers, xylitol en jogurt saam. Meng die droë bestanddele by die nat bestanddele en meng goed.
Verhit die botter in ’n kleefwerende pan oor matige hitte.
Skep groot eetlepels vol van die mengsel in die pan (braai so 3-4 op ’n slag) en braai vir 3-5 min. of tot borrels aan die bokant verskyn.
Draai om en braai vir nog 2 min. of tot goudbruin.
Sit met vars bessies en room voor.

(Rooi Rose)