Wednesday 26 July 2017

FLOPVRY MARKDAG SJOKOLADEPLAATKOEK



FLOPVRY MARKDAG SJOKOLADEPLAATKOEK

Lewer 24 blokkies.
Wat ook al die geleentheid, dié resep is ’n redding.
Dis blitsig, ekonomies en flopvry....
750 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
5ml koeksoda
80 ml kakao, gesif
450 ml suiker
3 ml sout
500 ml warm water
250 ml olie
60 ml asyn
10 ml vanielje geursel
Voorverhit die oond tot 180 C.
Smeer ’n standaard oondpan liggies met olie.
Pols die droë bestanddele saam in ’n voedselverwerker tot gemeng.

Voeg die water, olie, asyn en vanielje geursel by en pols tot ’n gladde beslag.
Gooi in die oondbak, smeer gelyk en bak vir 23 - 35min of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
Laat in die pan afkoel en versier met botterversiersel, gekookte kondensmelk of ganache.

VERSIERING
125g goeie margarine of botter 375ml (1 ½ koppies) versiersuiker
15-30ml (1-2 eetlepels) kakao … sif maar die twee goedjies saam want dan verhoed jy klontjies.
1 teelepeltjie vanilla geursel.

Klop daai botter/margarine tot dit romerig is.. en voeg dan die versiersuiker stadig bietjies vir bietjies by terwyl jy aanhou klits.. Voeg jou vanilla geursel by. Sodra jou koek gaar is en uit die oond kom, smeer jy hierdie versiersuikermengsel bo oor… en los hom dat hy afkoel