Friday, 9 June 2017

Vinnige Peppermint Crisp-tert



Vinnige Peppermint Crisp-tert
Genoeg vir 8-10 mense

• 1 pakkie suurlemoenjellie
• 1 x 380 g-blikkie ingedampte melk (sit die melk ’n dag voor die tyd in die yskas)...
• 1 blikkie karamel
• 2 pakkies Tennisbeskuitjies
• 3 x 100 g-Peppermint Crisp-sjokolade

1 Los die jelliepoeier op in die helfte van die water wat op die aanwysings op die pakkie verskyn. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Gebruik net kookwater.
2 Klits die ingedampte melk tot dik en skuimerig. Klits die karamel tot dit pap en sonder klonte is.
3 Meng die jellie en ingedampte melk en roer die karamel daarby.
4 Pak ’n laag tennisbeskuitjies op die boom van ’n 29 cm x 22 cm x 6 cm-tertbak. Giet ’n bietjie van die jelliemengsel oor en rasper een van die sjokolades oor. Eindig met ’n laag jellie en rasper die laaste Peppermint Crisp oor.
5 Laat stol vir ±2-3 uur of oornag in die yskas en sit voor saam met ’n lekker koppie tee.

No comments:

Post a Comment