Friday, 9 June 2017

Manie Jackson se Pasta Helena



Manie Jackson se Pasta Helena
500 g (1 pak) macaroni
60 ml (¼ k) olyfolie
2 groot uie, gekap
½ groen of geel soetrissie, ontpit en inblokkies gesny...
250 g (1 pakkie) sampioene
2 27 g (1 blikkie) boontjiespruite,gedreineer
2,5 ml (½ t) vars knoffel, gekap
knypie rooipeper
2 heel naeltjies
3 lourierblare
2,5 ml (½ t) origanum
3 40 g (2 x 170 g-blikkies) tuna,gedreineer
410 g (1 blik) tamatiepuree
60 ml (4 e) water
2,5 ml (½ t) sout
knypie peper
750 ml (3 k) cheddarkaas, gerasper
2 tamaties, in skyfies gesny
ekstra sout en peper

Stel oond op 180 °C.
1.Kook pasta in borrelende water waarby bietjie sout en olie gevoeg is.
2.Kook pasta tot al dente. Dreineer en roer bietjie olie deur sodat pasta nie aan mekaar klou nie. Hou eenkant.
3.Verhit olie en soteer uie, soetrissie en sampioene tot sag.
4.Voeg boontjiespruite, knoffel, rooipeper, naeltjies, lourierblare en origanum by en braai vir sowat 5 minute.
5.Voeg tuna, tamatiepuree, water, sout en peper by. Laat prut vir 20 minute oor lae hitte. Verwyder naeltjies en lourierblare.
6.Skep helfte van gaar macaroni in gesmeerde oondbak van ongeveer 24 cm x 34 cm.
7.Skep helfte van tunasous bo-op en sprinkel ’n 1/3 (250 ml) van kaas en ekstra origanum bo-oor.
8.Skep oorblywende macaroni, tunasous en 1/3 (250 ml) van kaas en bietjie origanum bo-oor.
9.Plaas tamatieskywe bo-op, gevolg deur nog sout, peper, origanum en oorblywende kaas (250 ml).
10.Bedek oondbak met foelie en bak vir 20 minute.
11.Haal foelie af en plaas onder roosterelement tot goudbruin.
12.Sit oond af en los pasta vir paar minute daarin.
13.Sit saam met Italiaanse slaai voor.

No comments:

Post a Comment